Local sportSport

Bethal Bears en Sasol 1 dring deur na Mpumalanga Premierliga

Sasol 1 is een punt voor Bethal Bears op die punteleer.

BETHAL – Sasol 1 se krieketspan het Saterdag met die Bethal Bears afgereken nadat hulle 267 lopies in 47 beurte aangeteken het.

Bethal het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Sasol se Dewald Erasmus het 118 lopies aangeteken en Colin van Staden het ’n blitsige 83 lopies van slegs 69 balle aangeteken.

Bethal se beste boulers was Jean Greyling met 3/38 in sewe beurte en Nico Coetzee met 2/29 in nege beurte.

Bethal se kolwers kon nie die mas opkom nie en kon slegs 209 lopies aanteken.

Hul beste kolwers was Ashley Methula met 54 en Jean Greyling met 45 lopies.

Sasol 1 se beste boulers was Dewald Erasmus, Vernon Fourie en Ignus Koekemoer wat elkeen twee paaltjies platgetrek het.

Met die oorwinning het Sasol 1 met een punt voor Bethal Bears op die punteleer geëindig.

Albei klubs het hiermee deurgedring na die uitspeelrondes van die Mpumalanga Premierliga.

“Ek is baie trots op my span se vertoning vandag en hoop dat ons die vorm na die uitspeelrondes kan deurdra,” het mnr. Ignus Koekemoer van Sasol na die wedstryd gesê.

“Die afgelope twee jaar het Sasol en Bethal deurgedring na die Mpumalanga Premierliga en albei spanne het gespeel om te wen.

“Namens Gert Sibande Krieketdistrik wil ek Sasol en Bethal sterkte toewens en glo een van hulle sal die trofee weer na Gert Sibande toe bring.” het mnr. Neil Parsons, voorsitter van Gert Sibande Krieketdistrik, na die wedstryd gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button