Dangerous Darlings verteenwoordig Secunda in die Kaap
Netbalspan gaan aan die Premiere Pool-toernooi deelneem, waaraan 10 spesiaal gekeurde spanne deelneem.
SECUNDA – Nege plaaslike netbalspelers en hul spanassistent gaan Secunda eersdaags in Kaapstad verteenwoordig by die Capetown 10’s Netbalkampioenskap wat vanaf 2 tot 4 Februarie plaasvind.
Volgens me. Adelle Grové, spanlid, is dit die eerste keer dat ’n span van Secunda aan die kampioenskap deelneem.
“Ons is die Dangerous Darlings en is die eerste span wat Secunda in die Kaap gaan verteenwoordig.”
Michaela de Kock en Adelle Grové het ook in Oktober aan die Tswane 10’s Netbalkampioenskap deelgeneem
Die Dangerous Darlings gaan aan die Premiere Pool-toernooi deelneem, waaraan 10 spesiaal gekeurde spanne deelneem.
Altesaam 50 spanne gaan aan die kampioenskap deelneem.



