Mpumalanga-rolbalklubs speel op Secunda
Sasol Secunda Rolbalklub bied eerskomende naweek die Hoëveld Parekompetisie aan.
SECUNDA – Sasol Secunda Rolbalklub het op 28 Januarie ’n geborgde dag vir verskeie Mpumalanga-spanne aangebied.
Spanne van Ermelo, Middelburg, Standerton en Bethal het meegeding.
Lappies Labuschange se span van Sasol het gewen, Bertie Erasmus se Bethal-span het tweede geëindig en Annette van Ryneveld se span van Sasol derde.
Mnr. Labuschagne, president van Sasol Rolbalklub, was veral opgewonde oor die jong spelers op die baan en die hoë gehalte rolbal wat gespeel is.
“Dit is belangrik dat mense besef rolbal is ’n sport vir enige iemand, ongeag hoe oud hulle is of waar hulle vandaan kom.”
Sasol Secunda Rolbalklub bied eerskomende naweek die Hoëveld Parekompetisie aan.





