Nóg gholfseges vir Chanté
Chanté Boonstra het die afgelope naweek Nog twee prestasies by haar reeds indrukwekkende lys hoogtepunte gevoeg.
Chanté Boonstra, Ermelo se jong gholfster, het die afgelope naweek nog twee prestasies by haar reeds indrukwekkende lys hoogtepunte gevoeg.
Saterdag het sy op Middelburg aan die Middelburg Vroue-ope Gholftoernooi deelgeneem en vir die derde agtereenvolgende jaar met die kroon weggestap as die algehele wenner met ‘n gros-telling van 78 houe oor die 18 gaatjies.
Sondag het sy op Ermelo op haar tuisbaan aan die Hoëveld Junior Foundation Gholftoernooi oor 36 gaatjies deelgeneem en in die A-divisie 22 seuns uitgestof om die netto-afdeling te wen.
Sy het ook in die algehele vierde plek geëindig.
Chanté is ‘n gr. 10-leerder aan Ligbron Akademie vir Tegnologie.



