DeKalb klop Rooikatte 19-14
Malelane Rugbyklub se 50ste verjaardagviering het wedstryde opgelewer wat deur ondersteuners onthou sal word.
DeKalb Rugbyklub se eerstespan het op 25 Februarie op Malelane die Rooikatte met 19 – 14 geklop.
DeKalb het in die voorwedstryd van die Puma Legends teen die SA Legends gespeel.
Malelane Rugbyklub se 50ste verjaardagviering het wedstryde opgelewer wat deur ondersteuners onthou sal word.
DeKalb het onder temperature hoër as 32° Cel kringe om en deur die Rooikatte (Lydenburg) gehardloop tydens die voorwedstryd waarin hulle die eerste helfte al 14 – 0 voorgeloop het.
Die tweede helfte het dié spelers hulle staal gewys in weerwil van sterker aanvalstaktiek deur die Rooikatte.
Jurgen Steinback (8) is as die beste voorspeler en Danny Myburg (12) as die beste agterspeler aangewys.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.
For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram



