Katlego Selebano, Leffy Selebano en Bongeka Nkayitshana het aan die PWC Kosmos 3-in-1 Pretloop deelgeneem.
SECUNDA – Secunda se strate het weer vanjaar gedruis tydens die 25ste PWC Kosmos 3-in-1 Marathon terwyl honderde atlete aan dié gewilde marathon deelgeneem het.
Atlete landwyd het na Secunda gestroom om drie wedlope op een dag te voltooi.
Die Kosmos 3-in-1 is die enigste wedloop van sy soort in die land waar wedlope só gereël word, dat atlete aan drie wedlope op een dag kan deelneem.
Meeste mense het tussen die wedlope in die swembad afgekoel of hul moeë bene laat masseer.
Nandi Zaloumis Mitchell is die algehele wenner van die Kosmos 3-in-1.
Craig Cynkin van die Nedbankklub het die 42.2km-wedloop gewen, Graham Malinga van Nkangalaklub die 21km-wedren en Cowin Khoza van die Eskomklub die 10km-wedloop.
Vir nog foto’s en videos, besoek die Ridge Times/Echo se Facebookblad, asook die webtuiste by www.ridgetimes.co.za.
Marietjie Lombard is van Bethal Marathonklub en het aan die 42.2km-, die 21km- en die 10km-wedlope tydens die PWC Kosmos 3-in-1 Marathon deelgeneem.
Simphiwe Cele, Ben Mlangeni, Isaiah Dlamini en Kevin Blackadder het die PWC Kosmos 3-in-1 voltooi. Hulle het aan die 42,2km-, die 21km- en die 10km-wedlope deelgeneem.
Van die medaljes wat tydens die 25ste PWC Kosmos 3-in-1 Marathon uitgedeel is.
Norman Ngubane is 74 jaar oud. Hy het die PWC Kosmos 3-in-1 Marathon se 42.2km-wedloop voltooi. Hy is deel van die Eskom Marathonklub.
Louis van Wyngaard is op pad na die eindstreep van die PWC Kosmos 3-in-1 Marathon. Hy is deel van die Magnolia Marathonklub.
Hanneli du Plessis, Marlene Kapp en Chun-Yi Wang is deel van Secunda Marathonklub, een van die hooforganiseerders van die PWC Kosmos 3-in-1 Marathon. Hulle het medaljes uitgedeel.
Katlego Selebano, Leffy Selebano en Bongeka Nkayitshana het aan die PWC Kosmos 3-in-1 Pretloop deelgeneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!