Local sportSport

Bethal Rugbyklub skop hul eeufeesjaar af

Daar gaan die week skouer aan die wiel gesit word om beter in die volgende wedstryd te presteer.

BETHAL – Bethal Rugbyklub vier vanjaar hul eeufeesjaar en het Saterdag die jaar met hul eerste ligawedstryd teen Hoëveld afgeskop.

Bethal het op hul tuisgrond teen Hoëveld met 10-15 verloor.

Mnr. Jannie Burger, afrigter van Bethal Rugbyklub, het gesê hoewel dit nie die begin is wat die klub wou gehad het nie, was dit steeds ’n goeie wedstryd en dat die bestuur tevrede is met die span se spel.

Daar gaan die week skouer aan die wiel gesit word om beter in die volgende wedstryd te presteer.

Die klub speel op 25 Maart teen Carolina op hul tuisgronde en die afskop is om 3.30nm.

Mense wat graag by die klub wil betrokke raak of saam Dinsdae en Donderdae om 6nm wil oefen, kan mnr. Burger skakel by 072 547 2342.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button