Hengelaars kap 296 visse vas
Carel Lombard het die meestersafdeling beklink met 15 visse van 6,787kg en die swaarste sak modderbekke van ses visse van 2,342kg vasgekap en ook die vis vir die dag gevang.
Meyerville Hengelklub het op 8 April ‘n kompetisie by die klubwater aangebied waar 36 hengelaars, waaronder twee besoekers, 296 visse met ‘n totale gewig van 140,691kg aan wal gebring het.
Carel Lombard het die meestersafdeling beklink met 15 visse van 6,787kg en die swaarste sak modderbekke van ses visse van 2,342kg vasgekap en ook die vis vir die dag gevang.
Piet van der Merwe was tweede in dié afdeling met 10 visse van 5,296kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met nege visse van 4,426kg.

Sien al die foto’s HIER
Jan Venter het in die seniorafdeling geseëvier met 23 visse van 15,22kg, terwyl JP Kleynhans tweede was met 25 visse van 11,003kg en Anrich Viljoen derde met 19 visse van 7,973kg.
Karel van der Bank het die swaarste sak modderbekke met vyf visse van 2,27kg gevang.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.