Local sportSport

Nico en Gert spog met oorwinning

Altesaam 40 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding met Koos van Wyk, Dries van Vuuren, Ruan Botha and Jaco Sutherland wat spog-twee's behaal het.

Nico Lombard en Gert du Preez het op 8 April met die louere by die Beterbalkompetisie weggestap.

Ian Harper en Francois Cronje het tweede en Casper Roux en Dries van Vuuren derde geëindig.

Altesaam 40 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding met Koos van Wyk, Dries van Vuuren, Ruan Botha and Jaco Sutherland wat spog-twee’s behaal het.

Patrizia Lombard en André Burger het die boerpot gewen en Jaco Sutherland die “Mystery Birdie”.

Die liga-uitslae is:

  • • Standerton A het 2 – 6 teen Piet Retief verloor
  • • Standerton B het Walkerpark 8 – 0
  • • Coffin Dodgers het Witbank 4 – 2 geklop

Die gholfklub bied op 15 April die Sonskyn Kunsmis Maters aan en die Standerton Advertiser Maandelikse Beker op 17 April.

Vir meer inligting skakel me. Joanne Adendorff, klubbestuurder, by 073 743 2711 of mnr. Theuns Adendorff, klubkaptein, by 079 386 4434.

Sien al die foto’s HIER

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button