Local sportSport

Nico en Manie vertrek na Marrokko

Nico van den Berg en mnr. Manie van den Berg van Sasol Stoeiklub vertrek Maandag, 24 April na Marokko.

Nico van den Berg en mnr. Manie van den Berg van Sasol Stoeiklub vertrek Maandag, 24 April na Marokko.

Nico is deel van die Suid-Afrikaanse Junior Grieks-Romeinse stoeispan en gaan aan die Afrika Stoeikampioenskap deelneem.

Dit is Nico se vierde deelname aan die Afrika Stoeikampioenskap.

Hy het in 2014 ’n silwermedalje gewen en in 2015 goud, en is as die Afrika-kampioen aangewys.

Mnr. Van den Berg, sekretaris-generaal van Stoei Suid-Afrika en die visie-president van Afrika Stoei, gaan die Afrika Stoeikongres bywoon en ook vir Nico bystaan by die kampioenskap.

 

Mnr. Manie van den Berg gaan sy kleinseun, Nico van den Berg, by die Afrika Stoeikampioenskap ondersteun en Stoei Suid-Afrika by die Afrika Stoeikongres in Marokko verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button