Local sportSport

Gerrit glo gholf weerspieël die lewe

“As jy elke dag ’n kolhou geslaan het, sou jy belangstelling verloor het.

Gerrit Coetzee, wat gereeld onoorwonne van die gholfbaan stap, glo dat gholf die lewe weerspieël.

“As jy elke dag ’n kolhou geslaan het, sou jy belangstelling verloor het.

“Sommige dae moet jy ’n paar houe in die bosse slaan om weer die goeie houe te waardeer.”

Bykomend daartoe word die buitelewe in God se natuur ervaar, ’n sport beoefen wat jou laat dink, sosialiseer, vriendskappe bou en die geleentheid gekry om jouself uit te daag.

Gerrit het reeds op 13-jarige ouderdom begin gholf speel nadat Winston Ritchie hom aan die sport bekendgestel het.

Ernie Els sal seker sy gunsteling bly, maar sedert hy nie meer so kompeterend is nie, beklee Jordan Spieth dié spesiale plek om verskeie redes.

“Jordan is ’n jong Texan met ’n regte “cowboy”-stappie aan hom, wat ’n wonderlike gesinsman en plat op die aarde is.”

Volgens Gerrit is Spieth die beste setter wêreldwyd wat ook sy gunsteling afdeling van die spel is.

Met ’n “scratch”-voorgee is kompetisies vir Gerrit waar die voorgee nie in berekening gebring word nie, die lekkerste om te speel.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button