Local sportSport
Ondersteun Standerton DeKalb Rugbyklub die komende naweek
Mnr. Ben Vorster, voorsitter van die klub, het die gemeenskap gevra om nie die hoofingang van die skool te gebruik nie, dié hekke gaan gesluit wees.
Standerton DeKalb Rugbyklub speel die komende naweek, Saterdag, 6 Mei, teen Carolina op Vaalrivierskool se rugbyvelde.
Kom ondersteun die manne en bring al jou vriende en familie.
Slegs een ligawedstryd gaan gespeel word, die eerstespan skop omstreeks 3.30nm af.
Mnr. Ben Vorster, voorsitter van die klub, het die gemeenskap gevra om nie die hoofingang van die skool te gebruik nie, dié hekke gaan gesluit wees.
“Ondersteuners moet asseblief die sy-ingang langs die skool gebruik.
“Daar is ’n hek skuins oorkant Hompie Kedompie Kleuterskool op die Leandra-pad.”
Die toegangsgeld beloop R10 per persoon en kos en koeldrank sal te koop wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



