Local sportSport

Yirmeyah mik vir goud met haar Latynse dans

Me. Cochrane hoop om te begin praktiseer sodra sy klaar studeer het en wil graag in die stad by ’n dansstudio aansluit omdat daar meer geleenthede is.

Me. Yirmeyah Cochrane (20) is lief vir dans en musiek vandat sy kan onthou.

Sy het reeds op die ouderdom van vyf ballet begin doen.

“Ek het vir bykans vier jaar ballet gedoen, maar het later opgehou.

“Ek het eers weer begin dans toe ek 15 jaar oud was en dans vandag nog.

“Na ballet het ek met Latynse en klassieke dansstyle begin,” het sy vertel.

Me. Cochrane onthou nog goed hoe sy na dansfilms gekyk het en sal nou nog van die films kyk waarna sy as kind gekyk het.

Sy het al aan verskeie danskompetisies deelgeneem en baie pryse gewen.

Die laaste kompetisie waaraan sy deelgeneem het, is die Vryheidsdag Danskompetisie wat op 22 April in Springs deur die Suid-Afrikaanse Dansfederasie aangebied is.

 

Lees die volledige artikel in die week se Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button