Local sportSport

Bethal-stoeier mik vir goud by Olimpiese Spele

Lallie, soos sy bekend staan in die stoeiwêreld, het ’n gesogte beurs om in Finland se stoei losgeslaan.

Leanco Stans (19) wil eendag ’n veearts word, maar wil eers haar droom bewaarheid om ’n Olimpiese goue medalje huis toe bring.

Sy is een van Suid-Afrika se top vrouestoeiers en het in 2012 goud verwerf tydens die Kontinentale Kampioenskap.

Sy het aan die Junior Olimpiese Spele deelgeneem en ’n bronsmedalje in die seniorafdeling by verlede jaar se Kontinentale Kampioenskap gewen.

Sy is vanjaar een tree nader aan haar Olimpiese droom toe sy deur United World Wrestling gekies is om aan die eerste ronde van die oefenkampe wat daarop gemik is om die vlak van Statebondnasies se vrouestoeiers te verbeter, gekies is.

Leanco het aan die einde van Februarie na Finland gereis om haar stoei by die Kourtane Olimpiese oefenkamp te verbeter.

Met haar terugkeer op 7 Maart, is sy in kennis gestel dat sy een van die gesogte Elite Vrouestoeibeurse ontvang het.

Sy is weer in April na Finland vir nog ’n oefenkamp.

Haar hoofdoel is om in 2018 aan die Statebondspele deel te neem, maar sy fokus vir nou eers op die wêreldkampioenskap later vanjaar.

Leanco vertrek in Junie na Dorgagen in Duitsland en dan weer in Julie na Spanje om aan die Grand Prixkompetisies en oefenkampe deel te neem.

Sy neem later vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Parys in Frankryk deel.

Lees die volledige storie in die Ridge Times.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button