Local sportSport

Bethal Rugbyklub gee Kinross Tigers pakslae, klop hulle met 71 punte

Bethal se voorspelers het van die begin af die Tigers oorheers en dit moontlik gemaak vir die agterlyn om aan te val.

Die Kinross Tigers het op 13 Mei op hul tuisveld teen Bethal Rugbyklub verloor.

Die veld was nat en koud, maar Bethal Rugbyklub was honger vir ’n hardloop-rugbywedstryd en het 14 drieë gedruk.

Bethal se puntemakers was Franna de Wet, Jimmy van Eeden en Hannes Swanepoel wat ’n drie elk gedruk het.

John Wewege en Johan Beeslaar het elkeen twee drieë aangeteken.

Altus Kleyn het ’n driekuns behaal, die man van die wedstryd, Hanro Smit, het vyf drieë gedruk en Franna Berry en Wian Buys het onderskeidelik een en twee drieë verdoel.

Henrico Jacobs van die Tigers het ’n rooi kaart vir sy tweede hoë takel tydens die wedstryd gekry.

Lees ook: Sasol Hydra-Arc se rugbyspanne behaal driekunsoorwinnings

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button