Local sportSport

Secunda Rugbyklub se twee spanne sit Ferro’s van eMalahleni ore aan op hul tuisveld

Die Ferro’s kon gewen het, maar ’n taktiese inskop na ’n strafdoel wat deur Sasol Hydra-Arc se eerstespan gemis is, het lelik verkeerd geloop.

Secunda Rugbyklub het die naweek aan die eerste ronde van die Pumas se Superreeks op Secunda gespeel.

Sasol Hydra-Arc se eerste- en tweedespanne het Ferro’s se spanne ’n loesing gegee het.

Die eerstespan het hul wedstryd in die laaste minuut beklink en met 38-34 gewen.

Die Ferro’s kon gewen het, maar ’n taktiese inskop na ’n strafdoel wat deur Sasol 1 gemis is, het lelik verkeerd geloop.

Toe Sasol Hydra-Arc die bal wat in die middeveld geland het in die hande gekry het, het hulle laat loop en ’n drie gaan druk.

Die eerstespan het vyf drieë gedruk, teenoor die tuisspan se vier drieë.

Mark Jacobs, Christiaan Wessels, Ruben Lello en Fanie Booysen het elkeen ’n drie gedruk en Fanie Booysen het twee drieë verdoel.

Steven Jacobs het twee drieë verdoel en een strafdoel aangeteken.

Werno Smit en Ruben Lello is aangewys as die manne van die wedstryd.

Secunda Rugbyklub se tweedespan vs Ferro’s

Die wedstryd tussen Sasol Hydra-Arc 2 en Ferro’s wou net nie vloei nie.

Paramedici was besiger as die meeste spelers op die veld.

Sasol 2 het op die doellyn uitgekamp en die wedstryd met 40-14 gewen.

Hulle het ses drieë gedruk teenoor Ferro’s se twee drieë.

Rian Boshoff was ’n staatmaker en het nie net twee drieë gedruk nie, maar ook vyf van die drieë verdoel.

Jacobus Byleveldt, Gert Pieterse, man van die wedstryd, Brendon Wienand en Sphelo Jama het elkeen een drie gedruk.

Hancu Nel is aangewys as die man van die wedstryd.

Die tweede ronde van die reeks skop die komende naweek af.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button