Local sportSport

Sasol Hydra-Arc-spanne maak Secunda trots

Secunda Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het die afgelope naweek vir Nelspruit ore aangesit op hul eie veld.

Die Sasol Hydra-Arc-rugbyspanne van Secunda Rugbyklub het die dorp se naam behoorlik hooggehou dié naweek.

Die eerste- en tweedespanne het die afgelope naweek teen Nelspruit 1 en 2 op dié gedugte spanne se tuisveld gespeel.

Eerstespan

Hoewel die eerstespan teen rustyd gelyk het of hulle klippe kou met ’n telling van 8-13, het die Sasol-manne daarvoor opgemaak in die tweede helfte.

Die eerstespan het met ’n wegholtelling van 37-19.

Nelspruit se eerstespan kon net twee drieë druk teenoor Sasol se vyf drieë.

HJ-Hubert Neethling, Rian Boshoff en Steven Jacobs het elkeen een van dié drieë gedruk.

Jannie van der Merwe was een van die top puntemakers vir Sasol en het nie net twee drieë gedruk nie, maar ook drie drieë verdoel en twee strafdoele aangeteken.

Lourens Basson en Izan Green was die manne van die wedstryd.

Tweedespan

Die tweedespan het ook goed gevaar en al het hulle sommer vinnig die voortou geneem, het hulle eers werklik in die tweede helfte gewys waarvan hulle gemaak is.

Die telling was teen rustyd 5-7 in Sasol se guns, maar albei spanne het laat spaander en Sasol het met 57-43 geëindig.

Albei spanna kry eerskomende naweek ’n welverdiende ruskans.

Sasol Hydra-Arc se derdespan speel teen eMbalenhle by Sasol Secunda Klub.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button