Pumaki’s sluit seisoen met ’n Spur-partytjie af
Laerskool Goedehoop se 0/6 Pumaki-rugbyspelers sluit seisoen op ’n hoë noot af.
Laerskool Goedehoop op Secunda se 0/6 Pumaki-rugbyspan het hul seisoen met ’n prysuitdeling by die Oregon Spur afgesluit.
Rugbyspelers en hul ouers het die aand geniet en van die geleentheid gebruik gemaak om hul borge te bedank.
Behalwe vir die ondernemings wat die Pumaki’s geborg het deur die loop van die seisoen, het elke kind ook ’n rugbybal en ’n hempie van Oregon Spur ontvang.
Die organiseringspan het die ouers vir hul deurlopende harde werk om die spelers se eerste rugbyseisoen spesiaal te maak, bedank.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



