Bethal-gholfspelers speel vir liefdadigheid
Die klub wil geld aan Silwerjare en Palmoord-ouethuise skenk.
Bethal Gholfklub het Donderdag, 19 Oktober die Transporters-gholfdag aangebied.
Die doel van dié dag was om geld vir verskillende liefdadigheidsorganisasies in te samel.
Die klub wil geld aan Silwerjare en Palmoord-ouetehuise skenk.
Daar is ook ‘n dogtertjie op Bethal wat ‘n oogoperasie moet ondergaan en hulle wil ook geld vir haar skenk.
Verskeie uitstallers het deur die dag spelers vermaak en verversings verskaf.
Die spelformaat was American Scramble.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/100179/gholfspelers-ding-mee-2/




