Local sportSport
Seilklub bied maanligseilvaart aan
Die klub bied op 10 Desember weer ’n regatta aan en belangstellendes is welkom.
Lede van die Hoëveld Seilklub het Sondag, 12 November aan ’n regatta deelgeneem en Wayne Thornhill het die resies gewen.
Sy pa, Eugene Thornhill, het tweede geëindig.
Sean Boyley was derde, Jasper Coetzee vierde, Dries Lategan vyfde en Christo Kriek het sesde geëindig.
Die klub bied op 10 Desember weer ’n regatta aan en belangstellendes is welkom.
Die klub seil gereeld gedurende die skoolvakansies en gaan op die eerste volmaan naaste aan die nuwe jaar, ’n maanlig-seilrit aanbied.
Die publiek is welkom om die maanlig-seilrit by te woon.
Vir meer inligting, skakel mnre. Sean Boyley by 082 462 0057 of Jasper Coetzee by 082 467 0999.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



