Johannes hardloop wen tye met tweedehands hardloopskoene
Hy is onlangs in die Mpumalangaspan vir die 10km vir veterane opgeneem en gaan ook Mpumalanga in die Suid-Afrikaanse Atletiekspan verteenwoordig. Hy het nog nooit ’n nuwe paar hardloopskoene van sy eie besit nie.
Johannes Sibande (44) is ’n veteraan marathonatleet met ’n natuurlike talent.
Hy is onlangs in die Mpumalangaspan vir die 10km vir veterane opgeneem en gaan ook die provinsie in die Suid-Afrikaanse Atletiekspan verteenwoordig.
Johannes het al wedlope gewen, maar het baie kere tweede geëindig.
“Daar is nog ander veterane wat my pla, maar ek probeer altyd my bes om eerste te wees.
Hy het nog nooit ’n nuwe paar hardloopskoene van sy eie besit nie.
Tweedehands skoene wat nie eens sy grote is nie, het hom deurgedra.
Vir Johannes om sy volle potensiaal te bereik, het hy egter die hulp van ander nodig.
Hy het tans ’n borg nodig wat hom kan ondersteun en nuwe hardloopskoene sal meer as welkom wees.
Indien jy Johannes kan help, skakel hom by 082 479 0689.
Lees Johannes se storie in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



