Lede van Teksa Skietklub meet kragte
Lede van Teksa Skietklub het op 18 November kragte gemeet en Fanie Pretroius was die algehele wenner in die ope-afdeling.
Lede van Teksa Skietklub het op 18 November kragte gemeet en Fanie Pretroius was die algehele wenner in die ope-afdeling.
In die produksie-afdeling was Willie Boshoff die beste skut, terwyl Henning Breytenbach tweede geëindig het en Neels van der Westhuizen derde.
Claude Bentley was die wenner in die rewolwerafdeling en in die standaardafdeling was Hendrik Engelbrecht eerste, Paul Loock tweede en Hennie de Beer derde.
Skuts het Saterdag, 2 Desember aan die klub se geslote skietkampioenskap deelgeneem en Engelbrecht was die algehele wenner.
Pretorius het tweede geëindig, Louwrens van Schaik derde, Willie Coetzee vierde en Riaan de Jager vyfde.
Die klub het op dié dag ook ’n pretdag vir die publiek aangebied.




Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



