Secunda-vegkunsatleet laat nie meer met hom mors nie
Hy draf tans 5km elke dag, maar omdat hy nie ’n motor op die oomblik het nie, draf hy ook oral waar hy moet wees, hetsy Trichardt, Evander of Secunda.
DPaul (Piksteel) Ronge van Secunda is op skool geboelie, maar hy het nie toegelaat dat dit hom onderkry nie.
Hy het reeds op 16 met gemengde vegkuns begin en het sedertdien reeds 13 keer geveg waarvan hy 10 gewen en net drie verloor het.
Sy eerste geveg het in 2009 plaasgevind en die skraal 16-jarige het dit gewen.
Hy is tans een van die top agt in die bantamgewigklas in Suid-Afrika.
Paul het op skoolsport opgegee en hy en ’n vriend het besef dat daar iets kortkom in hul lewe en het by Cedric se klub aangesluit.
Hy het nooit besef dat dit sy beroep sou word nie en wou eintlik net leer om homself beter te kan verdedig en fiks te bly.
“Ek het nooit regtig ’n talent vir sport gehad nie.
“Dit wat ek bereik het, was deur harde werk. Die ouens wat reg eet, hard oefen en ekstra insit is dié wat bo uitkom. Dit wat jy insit sal wys.”

Paul het ook op ’n myn gewerk, maar het verlede jaar bedank.
“Ek was ’n opsigter op ’n oopgroefmyn.
“Hoewel ek ’n goeie salaris gekry het, was ek nie gelukkig nie.
“Ek het al die voordele en geld gehad, maar dit was nie wat ek wou najaag nie.
“Ons is nie op die aarde geplaas om ander mense ryk en gelukkig te maak nie.
“Die een of ander tyd moet jy iets in jou lewe prysgee.
“Jy gee óf geld óf tyd prys.”
https://www.citizen.co.za/ridge-times/96394/more-medals-for-dominators-den/
Paul draf daagliks 5km, maar omdat hy nie ’n motor op die oomblik het nie, draf hy ook oral waar hy moet wees, hetsy Trichardt, Evander of Secunda.
Sy ideaal is om vir drie verskillende titels te baklei, waarvan amateur die eerste is. ie tweede titel is Extreme Fighting Championship (EFC) en daarna Ultimate Fighting Championship (UFC).
Hy rig tans by Dominators Den af en oefen hard vir sy volgende uitdaging.
“Searching for Scrap” op Star Sat bied in Februarie ’n realiteitsreeks aan.
Die wenner sal met die prysgeld van R200 000 wegstap.
As jy sal belangstel om hom te borg of meer inligting oor Dominators Den wil verkry, skakel Paul by 062 366 7533.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



