Local sportSport

Nico van Secunda Stoeiklub gaan na Statebond-kampioenskap

Hy is deel van die Suid-Afrikaanse senior stoeispan en altesaam 11 lande gaan aan die Statebond-kampioenskap deelneem.

Nico van den Berg van Secunda Stoeiklub is gekies om vanaf 17 Desember aan die 2017 Statebond Stoeikampioenskap wat by Carnival City plaasvind, deel te neem.

Hy is deel van die Suid-Afrikaanse senior stoeispan en altesaam 11 lande gaan aan die Statebond-kampioenskap deelneem.

Dié lande sluit Indië, Kanada, Nieu-Seeland, Australië, Kenia, Nigerië en Pakistan in.

Die Suid-Afrikaanse stoeiers se prestasies tydens die Statebond-kampioenskap sal bepaal of Sascoc hulle vir die Statebondspele-span wat volgende jaar in Australië plaasvind, gaan kies.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/100821/nico-maak-skoonskip-by-sa-proewe/

Die Grieks-Romeinse afdelings is Vrydag vanaf 9vm tot 12nm en die eindrondes vind om 6nm plaas.

Die vroue gaan Saterdag kragte meet en Sondag vind die vrystylafdelingkompetisie plaas.

Toegang is R30 per sessie.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button