Katrolle sing by laaste Meyerville Hengelklub-kompetisie
Altesaam 42 hengelaars het 528 visse met ’n algehele gewig van 392.9kg gevang.
Meyerville Hengelklub het die tweede naweek in Desember hul laaste naweekkompetisie vir dié jaar aangebied.
Altesaam 42 hengelaars het 528 visse met ’n algehele gewig van 392.9kg gevang.
Die vis van die dag in die onderskeie afdelings het gegaan aan die hengelaar met die swaarste baber.
Koos van Rensburg was eerste in die meestersafdeling met 22 visse van 19.340kg, tweede was Carel Lombard met 25 visse van 14.031kg en het ook die vis van die dag vasgekap, terwyl Piet van der Merwe derde met 27 visse van 11.744kg geëindig het.
Gerhard Lues het koning in die seniorafdeling gekraai met 59 visse van 37.993kg, tweede was Jurie Moolman met 38 visse van 36.588kg en het ook die vis van die dag aan wal gebring, gevolg deur Phlippie van Vuuren met 25 visse van 20.937kg.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



