Local sportSport

André Ferreira wen Secunda Hengelklub kompetisie by Trichardtsfonteindam

Sy sak van 61 visse het 18kg geweeg en was die swaarste.

André Ferreira het die Secunda Hengelklub se kompetisie wat Saterdag, 6 Januarie by Trichardtsfonteindam plaasgevind het, gewen.

Sy sak van 61 visse het 18kg geweeg en was die swaarste.

T. Jacobs het die swaarste karp gevang wat 1.23kg geweeg het.

G. Groenewald het die swaarste moddervis (0.74kg) gevang, Erna Schoeman die swaarste moddervis (0.57kg) onder die vroue, C. Brand die swaarste geelvis (0.89kg) en J. Kriek die swaarste baber (2.12kg).

Altesaam 39 hengelaars het deelgeneem en het saam 492 visse gevang wat 147.76kg geweeg het.

Hengelaars meet komende Saterdag weer kragte by Trichardtsfonteindam.

Vir meer inligting, skakel Joppie de Beer by 083 273 0579.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button