Sasol-krieketspanne klop teenstanders in Premierliga die naweek
Sasol 1 het Saterdag die Bears met 117 lopies geklop.
Albei spanne van Sasol Secunda Krieketklub wat aan die Premierliga deelneem, het die naweek hul wedstryde gewen.
Sasol 1 het Saterdag die Bears met 117 lopies geklop. Die wedstryd het op die Sasol B-veld op Secunda plaasgevind.
Die wedstryd is deur reën beïnvloed en het eers om 12nm begin, dus is slegs 42 boulbeurte per kant gespeel.
Sasol 1 het eerste gekolf en 304 lopies vir ses paaltjies aangeteken. Sasol se beste kolwers is Johan Scheepers met 127 nie uit nie en Douglas Richardson met 85 lopies.
Sasol het die Bears vir 187 uitgeboul. Dodds van Zyl het drie paaltjies geneem.

Die Sasol Bulldogs het Sondag teen eMba 1 op eMbalenhle te staan gekom.
Sasol het 163 lopies gekry. Dirk Coetzee het 50 lopies gemaak en Sasol het eMba op 128 lopies uitgeboul.
Vernon Fourie is Sasol se beste bouler met vier paaltjies vir 34 lopies in 10 boulbeurte.
Die Bulldogs speel eerskomende Saterdag tuis teen die Ermelo Warriors en Sondag speel Sasol Secunda tuis teen Piet Retief.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



