Local sportSport

Hoërskool Hoogenhout leerder speel vir die Titans-krieketspan

Sy is verlede jaar, toe sy in gr. 8 was, gekies om vir die Titans se 0/16-span te speel en het vanjaar vir die Titans se vrouespan uitgedraf.

Chenelle Roux, ’n gr. 9-leerder van Hoërskool Hoogenhout, kon nie wag om hoërskool toe te gaan om te begin krieket speel nie.

Sy is verlede jaar, toe sy in gr. 8 was, gekies om vir die Titans se 0/16-span te speel en het vanjaar vir die Titans se vrouespan uitgedraf.

Chenelle het op laerskool net in die tuin met haar boetie, wat twee jaar jonger as sy is, krieket gespeel.

Sy is eers op hoërskool amptelik aan krieket as ’n sport voorgestel en geniet dit terdeë.

Sy het gesê sy is ’n bietjie op haar senuwees voor groot wedstryde, maar as sy eers op die veld is, fokus sy net op die bal.

Buiten krieket, beoefen Chenelle ook atletiek, hokkie en tennis.

Sy speel vir die skool se eerste tennisspan en het nie vanjaar aan atletiek deelgeneem nie weens ’n ligte besering.

 

Lees haar volledige storie in die Echo koerant op ons webtuiste hier.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button