Nico eindig vyfde in stoeikampioenskap in Nigerië
Nico van den Berg het vyfde gekom in die 2018 Afrika-stoeikampioenskap wat die naweek in Nigerië gehou is.
Nico van den Berg het vyfde geëindig tydens die 2018 Afrikastoeikampioenskap wat die naweek in Nigerië gehou is.
Hy is die kaptein van die Suid-Afrikaanse Junior-stoeispan wat aan die kampioenskap deelgeneem het.
Nico was ook in 2015 die kaptein van die SA-kadetstoeispan wat aan die Afrikastoeikampioenskap in Egipte deelgeneem het.
Hy oefen hard saam met die Secunda Stoeiklub waar hy ook ’n afrigter is, vir die jaar wat voorlê.
Van die klublede het die afgelope drie weke kursusse bygewoon as skeidsregters, afrigters, spanbestuurders en administratiewe beamptes op provinsiale en nasionale vlak.
Secunda Stoeiklub het vanjaar voormalige stoeiers bygekry om te help met die afrigting.
Kinders wat belangstel om by stoei betrokke te raak, kan die oefensessies bywoon wat Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8nm in die Sasol-klub se sportsaal plaasvind.
Vir meer inligting, skakel Johan van den Berg by 082 322 9893, of Lollie van den Berg, 082 343 7800.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



