Local sportSport

Rohan Wiese wen Houtkappertak-skietkompetisie

Deelnemers het van heinde en verre gekom, selfs van sover as Phalaborwa.

Rohan Wiese het Saterdag die groeperingskietdag wat deur die Houtkappertak van die SAJWV aangebied is, gewen.

Hy het gewen met ’n geweer wat hy vier jaar gelede vir homself vir sy 21ste verjaardag gebou het. Dié sekuur skut is lid van die Houtkappertak.

Die kompetisie is by die skietbaan op Koos Kruger se plaas gehou met 126 skuts wat deelgeneem het.

Altesaam 290 teikens is geskiet. Daar was boonop twee deelnemers, Danie Koch van die Springboktak en Pieter Grobler van Pretoria-Oos, wat agt keer geskiet het. Deelnemers het van heinde en verre gekom, selfs van sover as Phalaborwa.

Steven Dyke van die Springboktak het tweede gekom in die senior mansafdeling en Cobus Mouton, ook van Houtkapper, was derde.

Armand Mahne het die juniorafdeling gewen.

Linda Adendorff het die vroueafdeling gewen en Sandra de Jager was in die tweede plek.

Rohan Wiese is die algehele wenner van die Houtkapper-groeperingskietdag wat Saterdag aangebied is.
Lourens van Schaik in aksie met sy 308-geweer.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder 

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button