SHS het die gees, ja man ja!
Hoërskool Secunda het die interhoër gewen, SHS het die tweede plek behaal en Hoërskool Piet Retief het derde geëindig.
Die TWK Agri Interhoër is die afgelope naweek by Standerton Hoërskool (SHS) aangebied.
SHS se sangatlete het gesing dat naburige dorpe hul byna kon hoor en moet ook nie vir ‘n oomblik dink dat hul net op die pawiljoen stilgesit het nie.
Met hulle aankoms, was die SHS-dirigente ooglopend vol energie en gees en SHS het met die louere weggestap as die span met die meeste gees, besgeklede dirigente, asook beste aankoms.
Dit was met dié aankondiging dat die sangatlete losgebars het en gesing het dat die biesies bewe.
Hoërskool Secunda het die interhoër gewen, SHS het die tweede plek behaal en Hoërskool Piet Retief het derde geëindig.
SIEN OOK: Galery – Sweet, vreugde en trane by interhoër op Standerton
Volgens die hoof, mnr. Pierre Marais, is dit ‘n voorreg om so ‘n groot byeenkoms aan te bied.
“Ons is net dankbaar dat na afloop van so groot dag geen ernstige beserings opgedoen is nie,” het mnr. Marais gesê.
Hy het elkeen bedank wat tot die sukses van die dag bygedra het.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



