Local sportSport

Sasol 1 Rugbyklub wen 7’s-rugbytoernooi

Hulle het weer eens die Puma 7’s-beker gewen toe hulle in die eindstryd met Hoëveld 1 kragte gemeet het.

Sasol Rugbyklub het Saterdag hul staal gewys tydens die 7’s-rugbytoernooi wat op hul tuisveld aangebied is. Hulle het weer eens die Puma 7’s-beker gewen toe hulle in die eindstryd met Hoëveld 1 kragte gemeet het.

Hulle het met 50-0 gewen. Hoëveld 1 het tweede in die toernooi geëindig.

Middelburg het derde geëindig en die plaat gewen toe hulle die Ferros geklop het wat vierde geëindig het.

Sasol 2 het die skottel (bowl) teen Kriel gewen en vyfde geëindig, terwyl Kriel sesde geëindig het.

Jaco Jacobsz van Sasol 3 hardloop met die bal tydens die Puma 7’s-rugbytoernooi toe Sasol 3 teen Middelburg gespeel het.

Sasol 3 het die skild gewen en sewende geëindig. Hoëveld 2 het agtste geëindig het.

Die Laeveld-spanne het onttrek en dit was dus net Hoëveld-spanne wat deelgeneem het.

Sasol Rugbyklub het tydens die geleentheid ’n donasie van R3 000 aan Kansa oorhandig.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button