Local sportSport

Gholfers toon veelsydigheid in kompetisies

Die Standerton-ligaspanne het onder andere teen Ermelo meegeding waar die B-span, met tuisveldvoorsprong, 6 - 2 geseëvier het.

Die afgelope naweek was ‘n besige tyd op die gholfkalender by die Standerton Buiteklub en drie spanne het liga gespeel, terwyl ‘n beterbalkompetisie, asook die New Denmark Dag aangebied is.

Die wind wat teen middagete opgetel het en die koue, wat wou kop uitsteek, het die gholfers nie in die minste gepla nie.

Hulle kan enige weer baasraak en ‘n potjie gholf geniet, sal enige gesoute gholfer beaam.

Die Standerton-ligaspanne het onder andere teen Ermelo meegeding waar die B-span, met tuisveldvoorsprong, 6 – 2 geseëvier het.

Die A-span het teen Walkerpark, op hulle baan, in die hek geduik met ‘n telling van 8 – 0. Die Toppies moes ook die knie buig teen Volkrust wat hulle 5 – 1 geklop het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button