Local sportSport

Nasyi bewys dokters verkeerd met talent

Sy het op 17 Februarie gekwaliseer om aan die Suid-Afrikaanse Seniorswemkampioenskap deel te neem.

Toe Nasyi Strauss (17) gebore is, het dokers nie gedink dat sy 17 jaar oud sou word nie.

Sy het by geboorte bloeding op die brein gehad, maar sy het die dokters verkeerd bewys en is tans nie net ’n leerder van Marietjie Skool nie, maar is ook die beste swemmer in dié skool en in Mpumalanga.

Haar ma, me. Anandi Strauss, het gesê sy was as kleuter baie vasbeslote om haar nie te laat onderkry nie en het baie hard gewerk om dit wat sy graag wou doen, te bereik.

Mnr. Jan van Wyk, onderwyser by Marietjie Skool, het Nyasi se potensiaal raakgesien en haar begin ontwikkel as swemmer. Sy is ook deur mnr. Frank van Papendorp, swemafrigter op Secunda, afgerig wat haar tegniek nuus verfyn het.

Besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button