Local sportSport

Bethal Rugbyklub klop Ermelo in tuiswedstryd Vrydagaand

Bethal speel eerskomende Saterdag teen Standerton op Standerton.

Bethal Rugbyklub het Vrydagaand, 2 Maart teen Ermelo by Hoërskool Hoogenhout gespeel in hul eerste wedstryd vir die seisoen, en die wedstryd gewen.

Bethal het eerste punte aangeteken en Gert Pieterse het die bal deur die pale gestuur met ‘n strafdoel. Ermelo het teen die einde van die eerste helfte met 8-3 voorgeloop.

Bethal was egter op die aanval in die tweede helfte en Pieter Erasmus het in die laaste 15 minute van die wedstryd ‘n drie vir Bethal aangeteken.

Bethal en Ermelo meet Vrydagaand kragte. Bethal het die wedstryd gewen.

Pieterse het die drie verdoel. Die eindtelling was 10-8. Bethal se voorspeler van die wedstryd was Dawie Viljoen en die agterspeler van die wedstryd was Erasmus.

Bethal speel eerskomende Saterdag teen Standerton op Standerton.

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae om 6nm. Belangstellendes kan Hein Bruwer skakel by 082 781 1817.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button