InternationalLocal sportSportSport

Sasol 1- en 2-krieketspanne verloor teen Ermelo en Bethal

Sasol 1 en 3 se krieketspanne speel eerskomende naweek in ligas.

SECUNDA – Albei Sasol se krieketspanne het die naweek hul wedstryde verloor.

Sasol 1 het op 4 Maart teen Ermelo gespeel en vir die eerste keer vanjaar verloor.

Ermelo het eerste gekolf en 151 lopies almal uit aangeteken.

Sasol 1 kon slegs 132 lopies aanteken met die 10de paaltjie-vennootskap van 51 lopies tussen Dodds van Zyl (nie uit nie) en Ruhan Delport (28 lopies).

Dylan Niemand van Bethal Bears boul, terwyl Jean Greyling van Sasol 2 kolf en Diaan du Plooy van Bethal Bears veldwerk doen. Die skeidsregter is mnr. Pieter Loyd.

Sasol 1 se beste bouler was Nicus Boshoff met vier paaltjies vir 29 lopies. Sasol 2 het Saterdag teen Bethal Bears op Secunda gespeel en met 59 lopies verloor. Bethal het 142 lopies aangeteken en Sasol 2 is vir 83 lopies uitgeboul.

Damian Barnard was Sasol 2 se beste kolwer met 26 lopies en Vernon Pienaar was die beste bouler met drie paaltjies vir 26 lopies in agt boulbeurte.

Sasol 1 speel eerskomende naweek in die Mpumalanga Premierliga se halfeindronde en Sasol 3 speel in die Mpumalanga Promosieliga se halfeindronde. Sasol se vroue-span speel op hul tuisveld teen SACE en Middelburg cc.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button