Local sportSport

Flippie Grobler seëvier by skietklub-kompetisie

Die mededinging het by hulle baan plaasgevind waar 16 skuts deelgeneem het.

Flippie Grobler van die Standerton Skietklub het op 17 Februarie hul kompetisie met 221,2813 punte beklink.

Die mededinging het by hulle baan plaasgevind waar 16 skuts deelgeneem het.

Henro Pretorius was tweede met 192,3942 punte en Armand Steyn derde met 174,8789.

Bertus Steyn het in die vierde plek met 143,0588 punte geëindig, gevolg deur Hannes Grobler met 138,4553.

Jaco Botha met 107,8500 punte, Chris Schoeman met 106,6884, Eric van Zyl met 98, 6351 en Tiehan Grobler met 92,7564 was onderskeidelik sesde, sewende, agtste en negende.

Jaco van Niekerk en Tommie Martinson het daarna gevolg met onderskeidelik 85, 0096 en 77, 5384 punte.

Die agterhoede is gevorm deur Tinkie van Niekerk met 62, 6753, Jason Gow met 51, 4898, Gerhard Lombard met 50, 8579, Sunelle Grobler met 37,4399 en Andries Martinson met 7, 3207 punte.

Die klub se volgende kompetisie sal op 10 Maart plaasvind.

Vir meer inligting, skakel Bertus Mulder by 082 8947 908 of besoek hulle webtuiste by www.Standertonshootingclub.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button