Local sportSport

Standerton Rugbyklub se eerste ligawedstryd ’n kriekettelling

Matla het tuisveldvoordeel gehad wat blykbaar nie in hul guns getel het nie.

Standerton Rugbyklub het met hul eerste ligawedstryd teen Matla as oorwinnaars met ’n telling van 75 – 7  van die veld gestap.

Matla het tuisveldvoordeel gehad wat blykbaar nie in hul guns getel het nie.

Volgens mnr. Jakes Coetzee, klubvoorsitter, was die begin van wedstryd baie vinnig en was dit duidelik dat Matla nie die pas sou kon volhou nie.

Hy het bygevoeg dat dit ’n snikhete dag was maar dat die Standertonspan hul staal gewys het.

Slegs een span het meegeding omdat Matla nie ’n tweedespan het nie.

Puntemakers vir Standerton: 
Drieë:

Jacobus Pretorius  (twee)

Danny Bosman (een)

AJ Potgieter (een)

Junel Jantjies  (twee)

Davey Julies (een)

Bandile Dube (een)

Jurgen Steinbach (twee)

Chris Pretorius (twee)

Doelskoppe:

AJ Potgieter (vier)

Dwayne Lake (vyf)

JP Coetzee (een)

Spelers van die wedstryd:

Voorspelers:

Jacobus Pretorius en Tommy Gleeson

Agterspelers:

AJ Potgieter

Die komende Saterdag, 10 Maart sal hulle by Vaalrivierskool, met twee spanne, teen Bethal meeding.

Die tweedespan speel om 2nm en die eerstespan om 3.15nm.

Die ingang op die Leandra-pad moet deur toeskouers gebruik word en die toegang is gratis.

Koeldrank en worsrolle sal by die veld verkoop word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button