Standerton kraai koning teen Bethal Rugbyklub
Albei spanne van die Standerton Rugbyklub het die afgelope naweek in hul tweede ligawedstryd vir die nuwe seisoen teen Bethal Rugbyklub geseëvier. Die eerstespan het Bethal met 28 – 23 geklop en die tweedespan met 26 -13. Vanaf die eerstespan se afskop was dit duidelik dat ‘n taai wedstryd voorlê en Standerton het eerste punte …
Albei spanne van die Standerton Rugbyklub het die afgelope naweek in hul tweede ligawedstryd vir die nuwe seisoen teen Bethal Rugbyklub geseëvier.
Die eerstespan het Bethal met 28 – 23 geklop en die tweedespan met 26 -13.
Vanaf die eerstespan se afskop was dit duidelik dat ‘n taai wedstryd voorlê en Standerton het eerste punte aangeteken toe Jean Pieterse losgebreek en ‘n drie aangeteken het nadat hy van die regterkantlyn af gehardloop het.
Dwayne Lake het dit verdoel.
Nadat Standerton gestraf is, het Bethal ook punte op die telbord gesit.
Na ‘n onderskepbal binne Standerton se kwartgebied, het Junell Jantjies sy ore platgetrek en oor die kalklyn geseil en AJ Potgieter het dit verdoel, wat Standerton met 14 – 3 laat voorloop het.
Lees die volledige wedstryd verslag in vandeesweek se Standerton Advertiser.



