Standerton vaar goed tydens gholfliga
Volgens Tertius Brits het die baan lekker gespeel en was dit nie te nat na die reën nie.
Albei gholfpanne van Standerton het goed tydens die afgelope naweek se ligakompetisies gevaar waar Standerton A hulle teenstanders op Bethal met 5 – 3 geklop en die B-span hulle eweknieë op Volksrust met 4 – 4 geëewenaar het.
Morgenzon en Witbank het op Standerton kragte gemeet en Witbank het die onderspit gedelf na Morgenzon hul 6 – 2 geklop het.
Volgens Tertius Brits het die baan lekker gespeel en was dit nie te nat na die reën nie.
Klublede het aan ’n beterbalkompetisie deelgeneem en Andries Manke en Innocent Dhladhla het met 47 punte geseëvier.
Die duo het ook die boerpot losgeslaan.
Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.



