Local sportSport
Sasol Rolbalklub op Secunda kroon hul kampioenpare
Lanie en Koos, en Janita en Elmarie is die trofeewenners.

Die Sasol Rolbalklub het vanaf 7 tot 8 April hul klubkampioenskap vir manspare en vrouepare aangebied.
Die manspare se kompetisie het oor twee dae gestrek en is deur Lanie Nel en Koos Jonker gewen.
Die span wat tweede gekom het, is Marius Labuschagne en Gerrit van Rooyen.
Die vroue het slegs een dag nodig gehad om hul wenpaar te kroon. Elmarie Weilbach en Janita de Villiers is die wenpaar.
Rina Gibhard en Betsie Bornman was tweede.
Lees ook: Kyk hier na foto’s van Sasol Rolbalklub se boeredans



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



