Sasol 1 en 2 wen wedstryde teen Witrivier
Sasol speel eerskomende Saterdag op Middelburg.
SECUNDA – Spelers van Sasol Rugybklub se eerste- en tweedespanne het die afgelope naweek teen Witrivier op Witrivier gespeel en albei spanne het gewen.
Sasol 1 het Witrivier met 24-22 geklop en Sasol 2 se wentelling was 34-19.
Sasol 1 se Spelers van die Wedstryd is Ruan van der Colff en Dalton Smit, en Sasol 2 se Spelers van die Wedstryd is Andre Swartz en Juan Schambreel.
Lees ook: Curro Secunda introduces new sport programme with professional coaches
Sasol en Witriver het verlede jaar in die eindronde van die Mpumalanga Rugbyliga teen mekaar gespeel en Sasol het gewen.
Die Pumas en die Sharks het Saterdag ’n voorwedstryd gespeel voordat Sasol en Witrivier op die veld gedraf het.
Sasol 1 en 2 speel eerskomende Saterdag op Middelburg en Sasol 3 het ’n rusnaweek.







