Sport

Sasolspanne klop Middelburg op Middelburg

Afrigter sê Sasol 1 het as ’n eenheid saamgespeel.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het Saterdag op Middelburg gespeel en hul wedstryde gewen.

Sasol 1 se wentelling was 17-0 nadat die wedstryd in rustyd gestop is weens weerlig.

Volgens mnr. Werner Joubert van Sasol Rugbyklub, het Sasol 1 ’n goeie eerste helfte gespeel.

“Die voorspelers het 100 persent van hul lynstane gewen en ’n baie goeie fondasie gelê vir die agterspelers,” het mnr. Joubert gesê.

Sasol 1 se afrigter, mnr. Jannie van der Merwe, het niemand uitgesonder as speler van die wedstryd nie omdat die hele span volgens hom fantasties as ’n eenheid gespeel het.

Sasol 2 se wentelling teen Middelburg was 57-24 en die spelers van die wedstryd was Given Tshabalala en Eddi Mphunthi.

Willa Martin beur vorentoe met die ondersteuning van Jackie Smit van Sasol 1. (Foto deur Mariëtte Kruger)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button