Local sportSport

58 hengelaars bring 721 visse by kompetisie aan wal

In die vroue-afdeling het Zandele Radebe eerste geëindig met met 35 visse van 29,22kg, gevolg deur Louisa Nel met 14 visse van 14,854kg en Louise van Vuuren met 20 visse van 5,582kg.

Altesaam 58 hengelaars het op Saterdag 14 Maart aan Meyreville Hengelklub se klubkompetisie deelgeneem en 721 visse, met ‘n totale gewig van 431,057kg aan wal gebring.

Die vis van die dag het aan die swaarste sak karpe gegaan.

Koos Nel het in die meestersafdeling geseëvier met 21 visse van 12,411kg, gevolg deur Cobus Strijdom met 18 visse van 8,663kg en Pikkie Gleeson met 17 visse van 7,691kg.

Die vis van die dag het aan Nel gegaan.

Jurie Moolman het die seniorafdeling beklink met 59 visse van 26,005kg, terwyl Otto Botha tweede was met 42 visse van 36,51kg en Johannes Nkuta derde met 37 visse van 31,964kg.

Die vis van die dag het aan Botha gegaan.

In die vroue-afdeling het Zandele Radebe eerste geëindig met met 35 visse van 29,22kg, gevolg deur Louisa Nel met 14 visse van 14,854kg en Louise van Vuuren met 20 visse van 5,582kg.

Die vis van die dag het aan Radebe gegaan.

Hendrik Karelse het die eerste plek in die juniorafdeling behaal met 12 visse van 8,084kg, terwyl Xander Bailey met agt visse van 11,274kg tweede was en Germarie Pretorius derde met 11 visse van 4,388kg.

Die vis van die dag het aan Karelse gegaan.

Ty Mortloek was onoorwonne in die penkopafdeling met 12 visse van 5,416kg, gevolg deur Johanco vd Merwe met sewe visse van 2,327kg en H.J. van Loggenberg met twee visse van 0,51kg.

Die vis van die dag het aan Mortloek gegaan.

Germarie Pretorius maak gereed om in te gooi by Meyerville Hengelkub se kompetisie op Saterdag 14 Maart. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button