SportStreeknuus

Heleen Swemskool sluit jaar af

Die leerplan wat gevolg word, is vol pret en speelmetodes om babas en kinders te leer swem.

Heleen Swemskool in Bronkhorstspruit vier Kersfees vroeg.

Die Kersseisoen is ingegaan met goeie vordering van alle swemmers vanaf ses maande oud.

Die leerplan wat gevolg word, is vol pret en speelmetodes om babas en kinders te leer swem.

Swemmers is beloon met ’n sertifikaat, ’n medalje en ’n lekkergoedpakkie om die jaar behoorlik af te sluit.

“Ons sing- en speelmetodes word in die onderwys en sielkunde gebruik om ’n kind gewoond te maak aan die wêreld om hulle.

“Hierdie metode ontwikkel die kind se sosiale en kognitiewe vaardighede, elkeen kry selfvertroue, en ontwikkel emosioneel om sodoende in nuwe ondervindinge en omgewings betrokke te kan raak en dit te kan hanteer,” het swemafrigter en eienaar, me. Heleen Viljoen, laat hoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button