Local newsSport

Delmas Rolbalklub kies nuwe komitee

Die komitee was op Saterdag, 8 Augustus verkies met Hennie Terblanche aan die stuur van sake as die nuut verkose president van die klub.

Die Delmas Rolbalklub het kort voor hul 50ste bestaansjaar ’n nuwe bestuurskomitee gekies. Die komitee is op Saterdag, 8 Augustus verkies met Hennie Terblanche aan die stuur van sake as die nuutverkose president van die klub.

Gerhard van Heerden is die vise-president. As perkmeester sien Van Heerden ook na die baan om.

Christelle Terblanche is aan die sekretariële stuur van die klub, terwyl Suzette Botes as tesourier diens doen.
Addisionele lede is Reinhardt du Plessis en Adriaan Benadie.

“Ek wil ook net graag ons getroue borge te bedank. Sonder elkeen van julle se mildelike bydrae sou die klub nie kon voortbestaan nie,” het Botes gesê.

Botes het namens die bestuur Adele Viljoen van Perfect Water op Delmas uitsonder.

“Tydens ons onlangse 50ste verjaarsdagvieringe was Perfect Water grotendeels agter die sukses van die spesiale vieringe. Weer eens baie dankie aan elkeen van ons privaat borge en besigheidsliga-lede wat ons voortbestaan en sukses keer op keer verseker.”

Verskoning: Streeknuus vra hiermee om verskoning vir die drukkersduiwel wat ingeglip het tydens die beriggewing omtrent die Delmas Rolbalklub se 50ste verjaarsdagviering waarin die bydrae van Perfect Water op Delmas as hoofborg van die geleentheid per abuis uitgelaat is. (Streeknuus, 7 Oktober.)


LEES OOK: Rudie ‘Vleis’ Visagie en gade bring hul getuienis na Delmas

LEES OOK: Charmaine Kleynhans van Standerton is nie bang vir uitdagings nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button