Local newsSport

Steyn en Jano is Sasol Rugbyklub op Secunda se Spelers van die Jaar

Die vorige jaar se bestuur is herverkies om nog ’n jaar te dien.

Steyn van der Heever en Jano van der Merwe is onderskeidelik as Sasol Digimag Rugbyklub se Spelers van die Jaar vir die eerste- en tweedespan aangewys.

Die klub het op Vrydag, 2 Desember hul jaarlikse prysuitdeling in hul opgegradeerde klubhuis gehou waar spelers wat die deur die jaar uitgeblink het, vereer is.

Van der Heever het ook die trofees ontvang vir die Spelers se Speler van die Jaar en ook as die “Strontmaker” van die Jaar. Dalton Smit het die trofee vir die Beste Drie van die Jaar ontvang.

Die blitsige kaptein van die eerstespan, Anwar Fillis, het vanjaar die meeste drieë gedruk. Hy het ook die trofee as die beste agterspeler van die eerstespan ontvang.

Dirk Coetzer het egter die meeste punte vir die jaar aangeteken. Die speler wat die HEART-trofee verower het, is Lourens Basson.

In die eerstespan deel Jandré Matthee en PJ van Zyl die trofee vir Beste Voorspeler en Llewellyn van der Linde die trofee vir Beste Verdediger.

Rudolf Pretorius is as die tweedespan se beste verdediger beloon, Callum Viljoen as Beste Voorspeler en Warren Moolman as Beste Agterspeler.

Die tweedespan is ook as die Span van die Jaar aangewys.

Pottie Potgieter het die trofee vir die beste bywoning ontvang, Sarita Brits die trofee vir die Bestuurslid van die Jaar, Wynand Venter vir die Beste Vordering, JP Roarty vir die Beste Opkomende Nuweling, Mike van Vuren vir die Geesbouer van die Jaar, Albertus Seegers die Diesel-trofee vir die beste uithouvermoë, Devan van Eeden vir die beste sportmanskap en Theuns Kruger vir verdienstelikheid.


LEES OOK: Caxton bids farewell to long-time editor Wilma van Vuuren


Die trofee vir die beste kombinasie het aan die eerstespan se voorry gegaan, terwyl hul agterspelers geloof is as die Mees Aanvallende Spelers.

Mark Jacob en Kyle Howard deel die beker vir die Klubman van die Jaar. Die Roarty-gesin het die toekenning vir die Ondersteuners van die Jaar opgeraap.

Die klub het ook hul algemene jaarvergadering gehou waartydens die huidige klubbestuur vir die volgende seisoen herverkies is.

Christo Erasmus is weer die president, Renier Louwrens die voorsitter, en Lodewyk Uys, Francois Jacobs en Jannie van der Merwe die afrigters.

Louwrens het dié aand aangekondig dat die klub steeds om die Premiersliga-beker baklei.

Die eerstespan het vroeër vanjaar die liga gewen, maar die Mpumalanga Rugby-unie het nie die beker aan die klub oorhandig nie omdat daar glo nie aan ’n rasse-kwota voldoen is nie.

Die klub se bestuur het dié beslissing bestry en die saak gewen, maar die unie het appel aangeteken.

Na nog ’n onafhanklike ondersoek, is die klub onskuldig bevind, maar steeds het die unie nie die uitkoms aanvaar nie.

“Wees verseker dat ons baklei vir dit wat ons toekom,” het Louwrens verseker.

Die klub het ook die aand hul nuwe borg verwelkom. Hulle sal van nou af as die Sasol Secunda Grip and Rip Crossfit-klub bekendstaan.


LEES OOK: Kosmos Retirement Village management is thankful to dedicated staff


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button