Die Delmas Dragons Ringbalklub kroon hul uitblinkers
Die klub spog verder met spelers wat ook SA-kleure ontvang het. Dian Kruger, Tijan Lerm en Verona Steenkamp het die groot prestasies vir die klub huis toe gebring.
Die Delmas Dragons ringbalklub op Delmas het tydens hul jaareindfunksie erkenning aan hul uitblinkers gegee.
Dié spog geleentheid het op Saterdag, 10 Desember by die Rome Saal van Laerskool Delmas plaasgevind.
Die volgende spelers het toekennings ontvang.
Nadia Fourie is aangewys as die Speler van die Jaar was Nadia Fourie. Sy het ook die trofee gekry vir die Doel vir die Jaar onder die vroue.
Die eer van Doel van die Jaar vir die mans het aan Jandré Senekal gegaan. Doele van die Jaar in die junior-afdeling het aan Tijan Lerm en Veroné Steenkamp gegaan.
Middel van die Jaar het aan Corel-B van der Wath (junior), gegaan, terwyl Derek Beeslaar die titel vir die mans verower het.
Aan die verdedigingskant het Carné Steenkamp dit vir die juniors geneem, TJ Lerm vir die mans en Tharina van der Wath vir die vroue.
Die toekenning vir die lojaalste spelers van die jaar het aan Carina van der Wath en Timothy Lerm (junior) gegaan.
Die Junior Speler van die Jaar is as Corel-B van der Wath.
Skye Barnard het met die toekenning vir Beste Vordering vir die Jaar weggestap en die Beste Bywoning-trofee het aan Tessa Lerm gegaan.
Corné Steenkamp het die Ondersteuner van die Jaar-toekenning verwerf en het ook die Presidentsbeker verower.
Die bestuur van die Delmas Dragons is trots op hul spelers.
Die Dragons spog boonop met spelers wat die klub se naam hoog gehou het tydens die Mpumalanga Noord Puma-proewe.
Deelnemers wat Mpumalanga-kleure ontvang het, is Magda Kruger, Dian Kruger, Tharina van der Wath, Carina van der Wath, Corel-B van der Wath, Verona Steenkamp, Tessa Lerm, Tijan Lerm en Timothy Lerm.
Die klub spog verder met spelers wat ook SA-kleure ontvang het. Dian Kruger, Tijan Lerm en Verona Steenkamp het dié groot prestasies vir die klub huis toe gebring.
Verkose lede vir die bestuur van die Delmas Dragons Ringbalklub vir 2023 is Verona Steenkamp, Alicia Beeslaar, Alicia Senekal en Juan Diminey.
Die Delmas Dragons skop 2023 op 10 Januarie af.
“Ons nooi almal, oud en jonk om deel te raak van die Delmas Dragons,” het Alicia Senekal gesê.
Belangstellende word genooi om vir Verona Steenkamp by 082 485 4100 vir meer inligting te skakel.
Die Dragons oefen op Dinsdae en Donderdae by Laerskool Delmas. Vir die juniors is die oefentye vanaf 16:00 tot 17:00 en vir volwassenes vanaf 18:00 tot 19:30.
“Ons as bestuur is opgewonde om nog ’n saam met ons spelers te stap en kan nie wag om te sien wat 2023 vir ons inhou nie,” het Alicia Senekal afgesluit.









