Patrizia Lombard sit manne ore aan by Standerton se Buiteklub
Patrizia Lombard het 42 spelers die loef in die IPS-kompetisie afgesteek met ’n spog-twee op die koop toe.
Patrizia Lombard se puntetelling van 43 het aan haar die oorhand gegee op 7 Januarie by die Standerton Buiteklub.
Sy het 42 spelers die loef in die IPS-kompetisie afgesteek met ’n spog-twee op die koop toe, terwyl Willem Griesel se 40 aan hom die tweede plek besorg het.
Aldo Arnaldi het 39 aangeteken, gevolg deur Machiel Griesel en Kobie Coetzee wat albei 37 op die telkaart ingevul het.
Malan van der Merwe, Jannie Nichols en Rowan Brink het elk op 36 te staan gekom, terwyl die driestuks van Johan Griesel, Stephen Nortjé en Tertius Brits met 35 geëindig het.
Tertius Brits, Casper Roux, Frikkie Eksteen, Nick Momberg, Gerhardt Brits en Joré Nortjé het elk ’n spog-twee behaal.







