Francois Cronjé van Standerton is meester van die spel
Nico Lombard, Gerhard Brits, Wessel van der Merwe en Attie Mouton het elk met 41 geëindig, terwyl Patrizia Lombard 40 aangeteken het.
Deon Grimsell het met sy 19 punte die IPS-kragmeting oor nege putjies op Woensdag 19 April gewen.
Neville Ritchie en Gerrit Nel het met 15 geëindig, gevolg deur Nick Momberg en Donnie Taljaard se 14.
Pieter Bester het 11 aangeteken en Freddie Welmans 10. Herman Mynhardt het oor 18 putjies geseëvier met sy 43 punte.
Gert du Preez het op 39 te staan gekom, gevolg deur Attie Mouton en Stephen Nortjé wat albei 37 op die telkaart ingevul het.
Francois Cronjé het 35 aangeteken, terwyl Wikus Fourie, Nico Lombard, Mark Nortjé en Wessel van der Merwe elk met 34 geëindig het.
Joré Nortjé het 33 aangeteken. Mynhardt, Du Preez (2), Mouton en Ronald Kinnear het elk ’n spog-twee behaal.
Francois Cronjé het op 15 April die meestertoernooi sy eie gemaak met ’n puntelling van 41.
Nico Lombard, Gerhard Brits, Wessel van der Merwe en Attie Mouton het elk met 41 geëindig, terwyl Patrizia Lombard 40 punte aangeteken het.
Vivian Sieger het 39 punte aangeteken, gevolg deur Werner Mouton, Herman Mynhardt en Jannie Nichols elk met 38.
Nichols was die naaste aan die pen op putjies twee en 11.
Sieger het die langste dryf vir die mans op putjie vyf en 14 behaal en Adri Mynhardt die langste dryf vir die vroue op 5/14.
Herman Mentz was die naaste aan die kol op 6/15, Leon Myburg naaste aan die pen op 8/17 en Brits die naaste vir 2 op 9/18.
Grimsell het ook op Woensdag 13 April in die IPS-kragmeting met 16 punte geseëvier. Die wedywering by die Standerton Buiteklub het oor nege putjies plaasgevind.
Taljaard was tweede met 14 punte, gevolg deur Ritchie ook met 14, terwyl Welmans met 13 geëindig het.
Kinnear het oor 18 putjies koning gekraai met 40 punte, gevolg deur Patrizia Lombard met 37.
Nico Lombard het met 36 geëindig, gevolg deur Van der Merwe se 34.
Sowel Louis Bibbey as Riaan Starbuck het op 33 te staan gekom, terwyl Gerhard Brits, Du Preez, Henk Botha en Johan van Niekerk elk 32 aangeteken het.
Tydens die Sundowner die volgende dag het Werner Mouton 22 punte aangeteken en Attie Mouton 19.





